Safex Verslag - 9 April 2020 (verskaf deur Graan SA)

Loading player...
Mielies:

· Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

· Die Amerikaanse Departement van Landbou maak later vandag die nuutste wêreld vraag en aanbod verslag bekend en die algemene verwagting in die mark is dat die Amerikaanse mielie voorraad opwaarts aangepas sal word vanaf die vorige verslag wat ʼn maand gelede gedoen was.

· Suid-Korea het gister ongeveer 137 000 ton se mielies aangekoop vir invoerdoeleindes.

· Die plaaslike mieliemark het in gister se verhandelingsessie gemeng verhandel, maar het hoër gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

· Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R22/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 604/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R25/ton hoër verhandel om teen R2 756/ton te sluit.



Sojabone:

· Die Amerikaanse sojaboonmark het in gister se verhandelingsessie gemeng verhandel, maar het meestal byna onveranderd gesluit vir die dag.

· Die algemene verwagting in die mark is dat die Amerikaanse Departement van Landbou in vandag se nuutste wêreld vraag en aanbod verslag die Amerikaanse sojaboonvoorraad vir die seisoen opwaarts sal aanpas vanaf die vorige maand se skatting af.

· Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

· Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R99/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 870/ton te sluit.



Koring:

· Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel, maar het later in die sessie ondersteuning gevind en het sterker afgesluit vir die dag.

· Daar is baie gemengde skattings rakende die verwagte koring voorraad wat in die nuutste wêreld vraag en aanbod bekend gemaak gaan word vandag. Oor die algemeen is die verwagting dat die koringvoorraad in die VSA red
8 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes