
DA ontevrede oor die regering se eensydige Covid-19-hulpverlening aan kleinboere
Loading player...
Die DA in die Noord-Kaap verwelkom die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se poging om Covid-19-hulp aan opkomende klein- en bestaansboere in die vorm van R1,2 miljard, te verleen. Provinsiale leier van dié party, Andrew Louw, sê dit is goed dat die regering dié boere wil help om van die grond af te kom, maar dit is ook belangrik vir die DA om seker te maak die regering gee nie slegs voorkeur aan sekere boere nie. Hulp moet aan boere deur die bank verleen word. Dit sluit veral kommersiële boere in. Die aansoekproses vir die departement se Covid-19-ingryping vir opkomende kleinboere het gister begin en duur tot 22 April. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Louw gepraat...