Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Loading player...
Laubscher meen die Covid-19-pandemie kan Afrika moontlik anders raak, maar daar is 'n bestaande vraag oor beleid.

Hy sê volgens die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) sal Covid-19 se verspreiding in Afrika, verskil van dié van die res van die wêreld. Redes daarvoor sluit in mense in Afrika is baie jonger as in die lande waar dié virussiekte se slagoffers eksponensieël toegeneem het. Die ouderdom van Afrika se sowat 1.3 miljard mense is gemiddeld 19,7 jaar teenoor dié van China en die Europese Unie (EU) van onderskeidelik 38,4 en 43,1 jaar is. Ondervinding het die kwesbaarheid van mense ouer as 60 en wie nie gesond is of was nie, uitgewys. Dit is in die stadium onbekend tot watter mate die jeugdigheid van Afrika se bevolking, weerstandigheid kan bevorder.

Daarteenoor is Afrika bekend vir die hoë voorkoms van ondervoeding, bloedarmoede, malaria en ander siektes, wat sterk korreleer met sosiaal-maatskaplike toestande in Afrika. Dié toedrag van sake kan Afrika meer vatbaar maak.

Die verhoogde voorkoms van malaria is in die vooruitsig gestel vanweë veranderde reënvalpatrone en die opvatting is die meeste mense wie die virus mag opdoen, eintlik sal herstel ,kan erg misleidend wees.



Hy sê 'n verdere uitdaging is om mense in Afrika te laat afsien van die gewoonte van die samekoms van groot getalle mense, wat eie aan die kulture op dié vasteland is. Sosialisering van daardie omvang kan pogings om die verspreiding van die Covid-19 virus te beperk, in die wiele ry, want fisiese afstand is ‘n belangrike voorkomingsmaatreël.

Bewyse van die verontagsaming van hierdie vereiste bestaand en lande moes nie slegs mense wat in opstand kom daaroor beheer nie, maar 'n land soos Tanzanië loop erg deur onder kritiek , omdat daardie land aangedui het dat hulle nie aanbiddingsdienste gaan verbied nie.

Dit is verder, volgens Laubscher 'n feit dat Afrika se vermoë om na besmette burgers om te sien en te behandel, uiters beperk is. Daar is gewoon nie genoeg hospitale beskik
8 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes