
In vandag se landbounuus, gesels Eksteen Brand oor die sogenaamde “dieselplaag"
Loading player...
Eksteen Brand is ‘n bekende prosestegnologie-konsultant, verbonde aan die firma, Hydac in Johannesburg. Vandag gesels hy oor die sogenaamde dieselplaag, wat veroorsaak word deur bakteries soos mikro-organismes, swamme en giste en wat hoofsaaklik in diesel groei en ‘n tipe slyk vorm. Grootskaalse dieselverliese is dan die gevolg en landbouers kan groot finansiele verliese ly, as daar nie ‘n oplossing daarvoor gekry word nie. Brand verduidelik ook dat dit kan lei tot verstoppings in die besproeiingstelsels op ‘n plaas. Brandstoftenks wat op plase gebruik word om diesel en petrol te stoor, kan ook negatief hierdeur geraak word.