
Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gesels vandag oor die jongste markpryse
Loading player...
Die bekende NWU landbou-ekonoom en Uitvoerende Bestuurder van AMT, Dr Johnny vd Merwe, gee vandag die nuutste markpryse vir die vee- en graanbedryf en verskaf redes vir die verskil in syfers van verlede week. Die vraag van verbruikers is tans laag en daar is volgens van der Merwe ‘n ooraanbod by slagpales. Volgens hom is die laer-inkomstegroep verbruikers ook ‘n rede tot laer pryse wat behaal is vir veeprodukte. Onsekerheid in die mark bring dus pryse onder druk. Van der Merwe gee ook ‘n vooruitskouing van pryse wat hierdie week behaal kan word.