Safex Verslag 8 April 2020 (verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies:
· Volgens die Amerikaanse Departement van Landbou is verlede week se mielie uitvoerinspeksies vanaf die VSA op 1.27 miljoen ton gerapporteer. Dit is effens meer as die vorige week se uitvoerinspeksies gewees.
· In groot gedeeltes van Brasilië is die weerstoestande tans gunstig vir die opvolg mielie-oes wat goeie vooruitsigte daarstel vir die produksieverwagtinge.
· Die plaaslike mieliemark het in gister se verhandelingsessie skerp onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.
· Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R86/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 588/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R92/ton laer verhandel om teen R2 731/ton te sluit.
Sojabone:
· Die Amerikaanse Departement van Landbou het gerapporteer dat verlede week se sojaboonuitvoerinspeksies ongeveer 300 000 ton was. Dit is 28% laer as die vorige week se uitvoerinspeksies.
· Die EU se jaar tot datum sojaboon invoere vir die 2019/20 seisoen word op 10.3 miljoen ton gerapporteer wat redelik in lyn is met die vorige seisoen se jaar tot datum invoere.
· Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
· Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R150/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 969/ton te sluit.
Koring:
· Volgens die Amerikaanse Departement van Landbou was verlede week se koring uitvoerinspeksies ongeveer 321 000 ton gewees. Dit was ongeveer 17% laer as die vorige week se uitvoerinspeksies gewees.
· Rusland se koring uitvoere het gedurende die eerste twee maande van 2020 ʼn totaal van 3.66 miljoen ton bereik, wat 21% laer is as verlede seisoen se uitvoere gedurende dieselfde tydperk.
· Die plaaslike koringmark het gister skerp onder druk gekom en het laer ver