Safex Verslag - 6 April 2020 saam met GraanSA

Loading player...
Mielies:



· Die Amerikaanse mieliemark het gedurende Vrydag se verhandeling hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

· Die druk op die Amerikaanse mieliemark kan grootliks toegeskryf word aan die laer vraag na etanol asook die verwagtinge dat die VSA hierdie seisoen moontlik 97 miljoen akker mielies kan aanplant.

· In die plaaslike konteks is die markte baie wisselvallig. Die volatilteit van die wisselkoers, tesame met die onsekerhede rakende die grendelstaat maak die plaaslike markte baie wisselvallig.

· Die plaaslike mieliemark het verlede week gemeng verhandel, maar beide die wit en geelmieliemark het effens hoër gesluit vir die week.

· Die wit- en geelmieliemark het Vrydag onderskeidelik teen R2 661/ton en R2 817/ton gesluit vir lewering in Julie.



Sojabone:



· Die Amerikaanse sojaboonmark het in Vrydag se verhandeling onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

· Die laer vraag na bio-diesel plaas druk op die internasionale vraag na sojaboonolie en dit het weer ʼn oorspoel effek op die internasionale pryse.

· In Suid-Amerika is die verwagting dat die sojaboon produksie laer behoort te wees as wat aanvanklik hierdie seisoen verwag was met die weerstoestande wat verswak het soos die seisoen gevorder het.

· In die plaaslike sojaboonmark was verlede week ook baie wisselvallig gewees en het groot prysbewegings getoon vir die week.

· Die sojaboonmark het hoofsaaklik ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die week. Die mark het Vrydag teen R7 025/ton gesluit vir lewering in Mei 2020



Koring:



· Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag met die mark wat goeie winskoopvlakke bereik het.

· Rusland het aangekondig dat hulle uitvoerbeperkinge op koring gaan instel te midde van die wêreldwye vrese rakende die COVID-19 pandemie.

· Russiese uitvoerbeperkinge kan die inter
5 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes