
Veilingshuis pas streng veilingheidsmaatreëls toe op lewende hawe veilings
Loading player...
Die afslaershuis, André Kock en Seun in die Vrystaat, gee sy versekering dat alle veiligheidsregulasies soos deur die regering vereis word, by sy weeklikse veilings van lewende hawe in Kroonstad, toegepas word. Veilings van lewende hawe kan voortgaan tydens die nasionale inperking weens die koronavirus, want dit is deel van die landboubedryf, wat deur die regering as 'n essensiële diens geklassifiseer word. Die nodige higiëne is van groot belang, 'n veilige afstand moet gehandhaaf word en daar mag nie meer as 'n honderd mense by 'n veiling byeen wees nie. Willie Wille, eienaar, van dié veilingshuis in die provinsie, sê, daar is op 24 Maart 'n veiling by hul veilingskraal in Kroonstad gehou en 'n boer, wat later positief getoets het vir die Covid-19-virus, het die veiling bygewoon. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wille gepraat...