
Drakensberger-studiegroep bespreek weidingsisteme in VS
Loading player...
‘n Groep Vrystaatse boere wat kommersieel met Drakensbergers boer, is toegewyd tot dié beesras en bied daarom eerskomende Saterdag ‘n inligtingsdag aan oor onder meer dié ras en weidingsisteme. Christo Nel, voorsitter van die Vrystaatse Drakensberger-studiegroep, sê die inligtingsdag gaan hoofsaaklik oor die ultrahoëdruk-weidingsisteem en regeneratiewe landbou. Dit word op die plaas van Danie Slabbert in die Oos-Vrystaat aangebied. Slabbert gebruik die weidingsisteem op sy plaas. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nel gepraat.