
Malema dalk minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling?
Loading player...
Buti Manamela, adjunkminister vir die presidensie, is moontlik 'n kandidaat wat as Suid-Afrika se nuwe minister van landbou, bosbou en visserye aangestel kan word. Dit in die lig van pres. Cyril Ramaphosa wat na verwagting later vandeesweek sy kabinet gaan aanwys. ‘n Politieke ontleder verbonde aan die departement politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US), Amanda Gouws, meen ‘n jonger persoon kan moontlik vir Senzeni Zokwana, wat tans dié amp beklee, vervang. Sy is ook persoonlik van mening dat Ramaphosa dalk die EFF-leier, Julius Malema, kan aanstel om dié politieke party in toom te hou.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Gouws gepraat…
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Gouws gepraat…