Goeienuus Vrydag 17 mei 10:30

Loading player...
Afrikaans Hoër Meisieskool en Hoërskool Waterkloof het kragte saamgespan vir GROOTfm 90.5 se #BlikkiesenBaadjies Winterprojek 2019! Bjorn Barnard, Onderhoofseun van Waterkloof in die portefeulje van lewensverryking saam met Waterkloof se onderhoofdogter, Suzaan de Villiers het verskillende skole genader om saam te werk aan die insameling vir GROOTfm se projek ten bate van Pen en Helpende Hand. Mila Grobler, Onderhoofdogter van Affies in die portefeulje liefdadigheid, saam met die onderhoofdogter vir gees, Caro Laubscher en hulle hoofdogter, Nika Grobler het op hulle beurt hulle Gee(s)week gebruik om nie net vir ons projek warm wintersklere en blikkieskos in te samel nie, maar ook vir 'n hele paar ander organisies van hondekos tot sanitêreware! Soos die span leiers van Affies vir ons sê: "Die beste manier om gees te bou in die aanloop na ons jaarlikse derby teen Oranje Meisies, is eintlik om soos een man (of vrou!) vir ander om te gee en aan te gee, wat ook al ons het om te deel!"
17 May 2019 7AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander van der Westhuizen gesels met Brent Dawes -1 Februarie

Zander van der Westhuizen het tydens die Gospel-program gesels met Brent Dawes - die mede-regisseur en skrywer van die nuwe animasie-film: David. Brent vertel tydens die onderhoud hoe die droom ontstaan het en ’n werklikheid geword het. Luister ook hoe die film deur honderde kunstenaars gebou is en hoe Phil…
1 Feb 2PM 15 min

Zander van der Westhuizen - 9 November

Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis…
9 Nov 2025 2PM 32 min