
Nog 'n suksesvolle Graan SA Nampo Oesdag
Loading player...
'Graan SA het vanjaar weer daarin geslaag om 'n suksesvolle Nampo Oesdag vir die 53ste keer aan te bied. Toit Wessels bestuurder van die Oesdag sê hulle is dankbaar daarvoor. Bywoningsgetalle was goed ondanks verskei uitdagings soos ekonomiese druk en droogtetoestande wat die bedryf in die gesig gestaar het. Dit is veral die lugverkeer wat vanjaar goed gevloei het weens gunstige weerstoestande. Geen ernstige voorvalle het plaasgevind nie en uitstallers asook besoekers is tevrede. OFM het die oesdag verlede week bygewoon. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wessels gepraat...