#JouMenseMyMense

Loading player...
Henru Grobler was maar 8 maande oud toe hy in 2001 saam met sy boeties en sussie in ‘n motorongeluk was. Sy ma en pa was besig om te skei en Pappa Hendrik was nie daardie dag by toe dit gebeur het nie. Hy het die oproep gekry en dadelik gery na die ongelukstoneel op die N3. Henru het op sy ma se skoot gesit tydens die botsing. Hy het baie ernstige kopbeserings opgedoen en verstik. Die trauma berader het vir Hendrik gebel en gesê ek moet hom klaarmaak vir die ergste...
Hendrik het dag en nag by Henru gewaak. Die hospitaalpersoneel het snags na 12 vir hom ‘n bed gegee om te slaap. Soggens 05:00 was hy weer by Henru. Hy kon elke vraag wat die dokter wou weet beter as die verpleegsters antwoord - tot op die milliliter wat Henru ingeneem het en hoeveel doeke. Hendrik het 80 dae se opgehoopte verlof gehad en ‘n goeie versorger vir Henru gekry. ‘n Neuro Ontwikkelingsterapeut het vir Hendrik en Roselinah by die huis kom oplei.
29 May 2018 9AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander van der Westhuizen gesels met Brent Dawes -1 Februarie

Zander van der Westhuizen het tydens die Gospel-program gesels met Brent Dawes - die mede-regisseur en skrywer van die nuwe animasie-film: David. Brent vertel tydens die onderhoud hoe die droom ontstaan het en ’n werklikheid geword het. Luister ook hoe die film deur honderde kunstenaars gebou is en hoe Phil…
1 Feb 2PM 15 min

Zander van der Westhuizen - 9 November

Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis…
9 Nov 2025 2PM 32 min