17:30 Sport - 11 Mei 2018
Loading player...
Die Toyota Vrystaat XV-breier, Daan Human, het aan sy span getimmer vir Sondag se buurstryd in die SuperSport Rugby-uitdaagreeks teen die Tafel Lager Griquas. Enrst Stapelberg begin weer op losskakel nadat hy teen die Luiperds op heelagter uitgedraf het.
Suid-Afrika se Statebondspele verspring-kampioen, Luvo Manyonga, het ‘n groot stelling gemaak voor môreaand se Diamantliga-byeenkoms in Shanghai. Die wêreldkampioen en Afrika-rekordhouer wil die eerste man word om in dié item verder as 9m te spring.
Daar is nog plekke in die top agt op die spel tydens môre se laaste rondte van die PSL. Al agt wedstryde skop om 15:00 af.