17:30 Sport - 29 March 2018
Loading player...
Die voormalige Australiese krieketkaptein, Steve Smith, het tydens sy perskonferensie met sy aankoms in Sydney vandag in trane uitgebars.
Dié krieketspeler, asook David Warner, is 12 maande lank uit plaaslike en internasionale krieket geskors vir hul betrokkenheid by die balpeutery-skandaal tydens die derde toets teen Suid-Afrika op Nuweland.
Die Toyota Cheetahs moet die meeste van hul tuisveldvoordeel gebruik maak tydens die volgende twee rondtes van die Guinness Pro14. Die Cheetahs is tans vyf punte voor die Cardiff Blues en ses punte agter Munster voor die opkomende uitkloprondtes.
Die Free State Stars-breier, Luc Eymael, sal nie vir Saterdag se Nedbankbeker-kwarteindstryd teen Ubuntu Cape Town by die Athlone-stadion beskikbaar wees nie. Die Belgiese afrigter is vir vier wedstryde geskors weens sy onderonsie met AmaZulu se Davies Phiri verlede maand.