17:30 Sport - 28 Maart 2018
Loading player...
Die Australiese kaptein, Steve Smith, en die onderkaptein, David Warner, is albei vir 12 maande uit internasionale krieket geskors, terwyl Cameron Bancroft vir 9 maande weens hulle betrokkenheid met die balpeutery-skandaal geskors is.
Die Toyota Cheetahs het vanoggend met hul voorbereiding begin vir aanstaande week se groot en belangrike Guinness Pro14-kragmeting teen die Cardiff Blues. Die Springbok-skrumskakel, Rudy Paige, het vir die eerste keer saam met die span geoefen en die impak van sy ondervinding was sigbaar.
Die Premier-sokkerliga se vierde geplaasde span, Free State Stars, het bevestig dat die middelveldspeler, Nhlanhla Vilakazi, die span aan die einde van die seisoen sal verlaat.