17:30 Sport - 9 Maart 2018
Loading player...
Die Stormers het vanoggend vir ‘n 10de opeenvolgende keer in Nieu-Seeland vasgeval nadat hulle met 33-15 deur die Highlanders in Dunedin verslaan is. Die Stormers het nou drie van hulle vier wedstryde in die 2018 Super Rugbyveldtog verloor.
Australië het vanoggend die loot gewen en het besluit om eerste te kolf teen die Proteas in die tweede toets op St Georges Park in Port Elizabeth. Die Proteas het slegs een verandering aan hul span gemaak met Lungi Ngidi wat vir Morne Morkel vervang het.
Die Nedbankbeker rondte van 16 skop vanaand af met AmaZulu wat tuis speel teen Ubuntu Cape Town by die Kings Zwelithini-stadion. Môremiddag is dit die grote tussen Free State Stars en Chippa United in Bethlehem, met die kragmeting wat om 15:30 begin. Terselfde tyd is Baroka FC in aksie teen Steenberg United.