17:30 Sport - 27 Februarie 2018
Loading player...
Die Toyota Cheetahs is vol selfvertroue dat hulle weer op die wenpad kan klim wanneer hulle Saterdagaand vir die Ierse span, Connacht, die stryd aansê in die Guinness Pro14-reeks.
Die Proteas snelbouler, Morné Morkel, wil sy internasionale loopbaan op ‘n hoë noot afsluit wanneer hulle reeks van vier toetswedstryde vandeesweek begin. Die 83-toets-veteraan het gister sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig en die reeks sal sy laaste wees.
Daar sal Sondagmiddag ‘n nuwe kampioene gekroon word by die Tshwane Open by die Pretoria Buiteklub. Dit kom nadat die verdedigende kampioene, Dean Burmester, van Bloemfontein aangekondig het dat hy vandeesweek nie aan die Europese Toer-toernooi sal deelneem nie.