17:30 Sport - 26 Februarie 2018
Loading player...
‘n Amptelike aankondiging oor die vertrek van die Toyota Cheetahs-kaptein en Springbok-senter, Francois Venter, word later vandeesweek verwag. Venter het ‘n kontrak met die Engelse klub, Worcester Warriors, gesluit.
Die Universiteit van die Vrystaat Shimlas het die tweede plek op die Varsitybeker-punteleer in hul visier wanneer hulle vir die Universiteit van Johannesburg in Bloemfontein pak. Die Shimlas is tans derde, maar die naasbestes, Wits, spook sake uit teen die pasaangeërs, Maties.
Australië verwag ‘n strawwe en opwindende toetsreeks wanneer hulle vandeesweek die Proteas in Suid-Afrika pak. Die span van Doer Onder kom na Suid-Afrika met hoë verwagtinge ná hulle 4-1 oorwinning in die reeks om die As oor Engeland, terwyl die Proteas die terugkeer na vyfdag-krieket verwelkom ná die onlangse internasionale eendag- en T20-reeksnederlae teen Indië.