17:30 Sport - 22 Februarie 2018
Loading player...
Die Toyota Cheetahs wil voluit op die aanval wees wanneer hulle Saterdag vir die Ospreys die stryd aansê in die laaste van hul drie Guinness Pro14-toerwedstryde.
Die Proteas en VKB Knights se snelbouler, Duanne Oliver, het ‘n kontrak gesluit om vir die eerste keer in sy loopbaan Graafskapkrieket te speel. Olivier sal tydens die eerste helfte van die Graafskap-kampioenskap Derbyshire verteenwoordig voordat hy na Suid-Afrika terugkeer.
Die Free State Stars-breier, Luc Eymael, het sy span gelukgewens nadat hulle gisteraand die eerste mylpaal bereik het in hulle 2017/18 PSL-veldtog. Gisteraand het Stars teruggeveg om 1-1 gelykop te speel teen Mamelodi Sundowns op Loftus Versfeld. Dié punt het die span verseker van hul plek in die PSL aanstaande seisoen, siende dit nou nie moontlik is dat hulle gerelegeer kan word nie.