17:30 Sport - 21 Februarie 2018
Loading player...
Die Toyota Cheetahs wil die positiewe in hul onlangse Guinness Pro14-nederlae teen die Cardiff Blues en die Glasgow Warriors identifiseer. Die span sluit hul toer na Wallis en Skotland vandeesweek af wanneer hulle die Ospreys in Swansea pak.
Die Proteas beoog om die T20 Internasionale reeks teen Indië te red wanneer die twee spanne vanaand op SuperSport-park koppe stamp in die tweede kragmeting. Sondag het Indië vir die Proteas met 28 lopies by die Wanderers in Johannesburg verslaan.
Die Premier Sokkerliga-kragmeting tussen Bloemfontein Celtic en Polokwane City sal nou op Woensdag, 7 Maart by die Dr Petrus Molemela-stadion plaasvind. Die kragmeting was vir die afgelope Sondag geskeduleer maar is egter uitgestel weens die tragiese afsterwe van die Polokwane-verdediger, Mogau Tshehla.