17:30 Sport - 20 February 2018
Loading player...
Die Toyota Cheetahs wil vergeet van moeilike speeltoestande wanneer hulle Saterdagaand teen die Ospreys te staan kom in hul laaste Guinness Pro14-toerwedstryd.
Die Proteas sweet oor hul diepte voor aanstaande week se eerste toets teen Australië op Kingsmead in Durban. Die kolwers AB de Villiers en Quinton de Kock sal na verwagting fiks wees vir die kragmeting, maar daar heers nog kommer oor die kaptein, Faf du Plessis.
Platinum Stars sal desperaat wees vir slegs hul vierde liga-oorwinning wanneer hulle vanaand vir SuperSport United in ‘n PSL-wedstryd pak. Dikwena is tans heel laaste op die punteleer met 16 punte, vier agter Ajax Cape Town.