17:30 Sport - 19 February 2018
Loading player...
Dit is vandag die vierde rondte van die Varsitybeker en albei die Bloemfontein spanne speel in die Kaap. Die Ikeys speel tuis teen die Universiteit van die Vrystaat Shimlas by die Green Mile in Kaapstad, en net om die draai kom die Maties teen die Ixias te staan by die Danie Craven-stadion in Coetzenburg.
Suid-Afrika se voorste mansenkelspel-tennisspeler, Kevin Anderson, het tot negende gespring op die jongste ATP-wêreldranglys nadat hy gisteraand die New York-ope gewen het.
Die Orlando Pirates-breier, Milutin Sredojević, is aangewys as die Premier-sokkerliga se afrigter van die maand vir Januarie. Sredojević, wat sy eerste eerbewys ontvang het, het sodoende vir Luc Eymael van Free State Stars, Kaizer Chiefs se Steve Komphela, Fadlu Davids van Maritzburg United, en Gavin Hunt van Wits om dié toekenning geklop.