17:30 Sport - 13 Februarie 2018
Loading player...
Die Sentrale Universiteit van Tegnologie Ixias is verheug ná hul eerste sege van hul 2018 Varsitybeker-veldtog nadat hulle gisteraand vir die Madibaz getroef het. Die Ixias het die span van Port Elizabeth naelskraaps met 38-37 geklop in slegs hul tweede Varsitybeker-sege ooit.
Suid-Afrika het vanmiddag die loot gewen en vir Indië gevra om eerste te kolf in die vyfde Internasionale Eendagwedstryd wat by St Georges Park in Port Elizabeth beslis word. Die enigste verandering aan die span is die insluiting van die draaibalbouler, Tabraiz Shamzi, wat die beseerde, veelsydige Chris Morris vervang.
Krieket Suid-Afrika het die Proteas se groep spelers vir die T20 Internasionale reeks teen Indië aangewys wat Sondag begin. Die Warriors-kolwer, Christiaan Jonker, die Titans-paar van die naatbouler, Junior Dala, en die paaltjiewagter Heinrich Klaasen is die enigste nuwe gesigte in die groep vir die reeks van drie wedstryde.