17:30 Sport - 12 Februarie 2018
Loading player...
Twee wedstryde in die Varsitybeker word vandag in Bloemfontein beslis met albei die Sentrale Universiteit van Tegnologie Ixias en die Universiteit van die Vrystaat Shimlas wat in hul eerste tuiswedstryde sal meeding. Die kragmeting op SUT-park tussen die Ixias en Madibaz het om 16:45 begin en albei spanne se visier is op ‘n eerste oorwinning. Om 18:30 pak die Shimlas die moeilike Wits by Shimla Park.
Die Proteas pak Indië in die vyfde internasionale eendagwedstryd met hernude selfvertroue ná afloop van Saterdag se vyf paaltjie-sege volgens die Duckworth-Lewis-metode. Indië is nog steeds in ‘n sterk posisie om die reeks te beklink nadat hulle die eerste drie wedstryde oortuigend gewen het.
Die Nedbankbeker rondte van 32-kragmeting tussen Super Eagles en Free State Stars sal nou Woensdagaand beslis word. Die Vrystaat-buurstryd in Bethlehem was Saterdagaand weens ‘n onspeelbare veld afgelas as gevolg van swaar reën in die area.