17:30 Sport - 7 Februarie 2018
Loading player...
Die Cardiff Blues sal met niks minder as ‘n sege tervrede wees nie wanneer hulle Saterdagaand vir die Toyota Cheetahs die stryd aansê in die Guinness Pro14. Dit is volgens die Walliese span se breier, Danny Wilson.
Die Nedbankbeker skop vanaand af met drie wedstryde in die rondte van 32 wat gaan plaasvind.
Die Proteas het vandagmiddag die loot gewen en Indië gevra om eerste te kolf tydens die 3rde internasionale eendagwedstryd wat op Nuweland in Kaapstad beslis word. Twee spelers maak vandag hulle buiging vir Suid-Afrika met die paaltjiewagter Heinrich Klaasen wat vir die beseerde Quinton de Kock vervang en Lundi Ngidi wat vir Morné Morkel in die boulaanval vervang.