17:30 Sport - 6 Februarie 2018
Loading player...
Die Toyota Cheetahs het vanoggend in Cardiff aangekom vir die begin van ‘n strawwe drie weke lange Guinness Pro14-toer, met die span wat sake sal uitspook teen die Cardiff Blues, Glasgow Warriors, en Ospreys.
Die Vrystaatse Krieketunie is verheug nadat twee van hulle spelers by die Internasionale Krieketraad se Onder-19 Wêreldbeker-elftal ingesluit is. Die Suid-Afrikaanse kaptein, Raynard van Tonder, wat Graeme Smith se rekord van 348 lopies tydens die toernooi geëwenaar het, is as die kaptein van die span aangewys.
Bloemfontein se Olimpiese en dubbele Wêreldkampioenskap- gouemedalje-wenner, Wayde van Niekerk, steun die nuwe agt-nasie Atletiek-wêreldbeker wat later vanjaar in London gaan plaasvind.