17:30 Sport - 5 Februarie 2018
Loading player...
Om 18:30 pak die vroeë gunsteling, die Universiteit van Stellenbosch Maties, vir die Universiteit van die Vrystaat Shimlas by die Danie Craven-stadion. Die Shimlas se kaptein, Johan Kotze, het aan OFM-sport gesê dat hulle vir ‘n tweede opeenvolgende week ‘n skoknederlaag kan veroorsaak.
Die Proteas is met nog ‘n terugslag getref nadat die plaatjiewagter, Quinton de Kock, weens ‘n gewrigbesering uit die span onttrek is. Dit kom nadat die kaptein Faf du Plessis en AB de Villiers albei uit die span onttrek is weens beserings.
Bloemfontein Celtic sal desperaat wees om weer op die wenpad te klim wanneer hulle Sondag SuperSport United die stryd aansê in die Nedbankbeker rondte van 32. SuperSport het Saterdag teruggeveg om Celtic met 4-2 in ‘n PSL-kragmeting by die Lucas Moripe-stadion te verslaan.