17:30 Sport - 1 Februarie 2018
Loading player...
Die verdediging van die Springbok Sewes-span se Nieu-Seeland Sewes-titel skop Saterdagoggend teen Papua New Guinea af. Die Hamilton Sewes het vanaf Wellington na die Waikato-stadion geskuif weens ‘n gebrek aan ondersteuning in die hoofstad.
Premier Sokkerliga span, Bloemfontein Celtic, het nog ‘n waardevolle aanwins voor die sluiting van die Januarie oordragsperiode gisteraand om middernag gekry. Phunya Sele Sele het ‘n twee en ‘n half jaar lange kontrak met die vleuel, Innocent Nemukondeni, vanaf Ajax Cape Town gesluit.
Die Proteas het vanmiddag die loot gewen en het besluit om te kolf teen Indië in die eerste internasionale eendagwedstyd op Kingsmead in Durban. David Miller, JP Duminy, Chris Morris en Imran Tahir is almal in die span nadat hulle nie in die toetsreeks gespeel het nie.