17:30 Sport - 17 Januarie 2018
Loading player...
Die Proteas het vanmiddag die Freedom-reeks teen Indië gewen ná ‘n 135 lopie-sege tydens die tweede toets op SuperSport Park in Centurion.
Die Proteas-nuweling, Lungi Ngidi, het tydens sy toetsbuiging teen Indië ses paaltjies in die besoekers se tweede beurt platgetrek om hulle vir 151 lopies uit te boul.
Die Toyota Cheetahs het ‘n beroep op hulle ondersteuners gedoen om hul span te kom ondersteun in Saterdag se groot Guinness Pro14-buurstryd teen die Southern Kings. Die Cheetahs loop met 1-0 voor in die beste-uit-drie-kragmetings ná afloop van Saterdag se dramatiese 45-21 sege oor die Southern Kings in Port Elizabeth.
Daar is vanaand slegs een Premier Sokkerliga wedstryd wat gaan plaasvind. Maritzburg United se visier is op die derde plek op die punteleer, in die hulle vir SuperSport United kan klop.