17:30 Sport - 10 Janaurie 2018
Loading player...
Die Toyota Cheetahs senter, William Small-Smith, sal vir die volgende drie maande op die krukkelys wees nadat hy ‘n ligament in sy knieg geskeur het. Small-Smith het besering opgedoen toe hy en die kaptein Francois Venter gebots het tydens die Cheetahs se 27-21 nederlaag teen Benetton Rugby in Treviso.
Brandon Grace word as die gunsteling beskou om die 107de weergawe van die BMW SA Ope te wen wat vandeesweek by die Glendower-gholfklub plaasvind. Intussen sê Bloemfontein se Dean Burmester, wat verlede jaar 4de geëindig het, dat hy vanjaar nie dieselfde foute sal maak nie.
Spoed is die Proteas se benadering vir die res van die somer. Dit is volgens die nasionale afrigter, Ottis Gibson. Suid-Afrika loop een-nul voor in die reeks van drie toetse teen Indië ná ‘n onwaarskynlike oorwinning van 72 lopies tydens die eerste toets op Nuweland in Kaapstad.