17:30 Sport - 11 Desember 2017
Loading player...
Die Toyota Cheetahs-spoedvraat, Makazole Mapimpi, se skuif na die Sharks is nog nie ‘n uitgemaakte saak nie. Intussen is die Cheetahs besig om die dienste van die Ugandese nasionale sewesspeler, Philip Wokorach, te verseker.
Die Free State Stars-breier, Luc Eymael, is ontevrede oor die besige Premier Sokkerliga-skedule voor die Kersvakansie. Gister het Bloemfontein Celtic vir Ea Lla Koto met 3-0 afgerantsel tydens die Vrystaat-buurstryd in die Rosestad.
Indië se Shubhanker Sharma het vanoggend ‘n rondte van drie onderbaansyfer 69 aangeteken op die Joburg Ope met 23 onderbaansyfer te wen. Sharma het vir Suid-Afrika se Erik van Rooyen met drie houe geklop vir sy eerste titel op die Europese Toer.