17:30 Sport - 28 November 2017
Loading player...
Die Toyota Cheetahs se selfvertroue loop hoog met die span wat vandeesweek die verdedigende Guinness Pro14-kampioene, Scarlets, pak.
Verlede week het die Cheetahs weer eens die doemprofete stil gemaak met ‘n oortuigende 33-13 oorwinning teen Edinburgh in Bloemfontein.
Bloemfontein Celtic word as die vroeë gunsteling beskou om Saterdag vir Wits te klop tydens die eindstryd van die Telkom-uitkloptoernooi.
Celtic het tot dusver vir SuperSport United, Platinum Stars en Polokwane City verslaan om die eindstryd te bereik.
Die nuwe Europese Toerseisoen slaan vandeesweek vir die meeste van Suid-Afrika se topspelers met die Mauritius Open op die Heritage Gholfbaan af.
Die vorige seisoen is slegs twee weke gelede in Doebai voltooi.
Louis Oosthuizen, wat ook ‘n ambassadeur vir die toernooi is, is die hoogste gekeurde speler.