17:30 Sport - 20 November 2017
Loading player...
Die Guinness Pro14-reeks hervat vandeesweek ten spyte daarvan dat dit nog die laaste week is van die internasionale rugby-gleuf. Die Toyota Cheetahs is die week tuis in aksie wanneer hulle die Skotse span, Edinburgh, die stryd aansê.
Bloemfontein Celtic is verheug nadat hulle die eerste keer sedert 2012 ‘n eindstryd van ‘n toernooi bereik het. Celtic het Polokwane City gister 4-3 met strafdoele getroef om hul plek in die eindstryd van die Telkom-uitkloptoernooi te bespreek.
Die Warriors se hulpafrigter, Rivash Gobind, sal oorneem as die Oos-Kaap-franchise se tussentydse afrigter. Dit kom nadat Malibongwe Maketa verlede week aangewys is as die nuwe hulpafrigter van die Proteas.