17:30 Sport - 17 November 2017
Loading player...
Die druk is op die Springbokke om môreaand sake reg te stel wanneer hulle vir Frankryk die stryd in Parys aansê. Die Bokke se jaareindtoer het op ‘n slegte boot afgeskop toe hulle met 38-3 teen Ierland les opgesê het.
Die is ‘n besige aand in die Ram Slam T20-reeks met al ses franchises vanaand in aksie. In Durban speel die Dolphins in slegs hul tweede kragmeting wanneer hulle teen die VKB Knights te staan kom. Die Knights wil op hulle beurt weer op die wenpad klim na hul 38-lopie nederlaag teen die Titans.
Die Telkom-uitkloptoernooi se halfeindrondes skop môremiddag af met Wits wat tuis speel teen Kaizer Chiefs in Johannesburg.