17:30 Sport - 13 November 2017
Loading player...
Die Springbok-breier, Allister Coetzee, se dae as nasionale afrigter is na wat verneem word getel. Oor die naweek het Ierland die Springbokke met 38-3 in Dublin laat les opsê in wat nog ‘n rekord-nederlaag onder die leisels van Coetzee was.
Die 800m Olimpiese en Wêreldkampioen, Caster Semenya, sal aanstaande week die IAAF se toekenningsgeleentheid in Monaco bywoon. Semenya het nie ‘n nominasie ontvang nie ten spyte daarvan dat sy die bronse medalje in 1500m en die goue medalje in die 800m gewen het tydens die Wêreldkampioenskappe in London in Augustus.
Dit is ‘n groot week vir Bloemfontein Celtic met die span wat na Limpopo reis om Polokwane City in die halfeindstryd van die Telkom-uitkloptoernooi te pak. Die span geniet tans ‘n goeie lopie in alle kompetisies en beklee die vierde posisie op die PSL-punteleer.