17:30 Sport - 1 November 2017
Loading player...
Die Connacht-flank, Jarred Butler, sal vandeesweek se Guinness Pro14-wedstryd teen die Toyota Cheetahs in Galway misloop. Die voormalige Brumbies en Reds-losvoorspeler het tydens die span se 20-16 sege oor Munster verlede week die veld met ‘n kniebesering verlaat.
Die nuwe Proteas-breier, Ottis Gibson, het tyd gehad om terug te kyk na sy eerste opdrag by die nasionale span, en hy is meer as tevrede. Die Proteas het vir Bangladesj met 2-0 in die toetsreeks, 3-0 in die internasionale eendagreeks en 2-0 in die T20-internasionale reeks getroef, om die eerste Suid-Afrikaanse span te word om ‘n toer onoorwonne af te sluit.
Die Premier-sokkerliga se tiende ronde hervat vanaand met vyf wedstryde wat gaan plaasvind. Cape Town City FC ding tuis by die Athlone-stadion mee teen Free State Stars, terwyl Platinum Stars vir Ajax Cape Town by die Royal Bafokeng-stadion sal pak.