17:30 Sport - 31 Oktober 2017
Loading player...
Suid-Afrika amptelik as die voorkeurbieër aangewys om die 2023 Rugby-wêreldbekertoernooi aan te bied. Suid-Afrika is aangewys as die voorkeurkandidaat in plaas van die mede-bieërs, Frankryk en Ierland.
Die laaste toernooi op die Sonskynreeks se wintertoer vind vandeesweek plaas met die Vodacom Origins of Golf Final by Simola in Knysna. Die amateurspeler wat die 36-putjie pro-am wen, sal saam met Louis Oosthuizen en vele ander spelers aan die einde van November aan die Maritius Ope se pro-am deelneem.
Ronde 10 van die Premier-sokkerliga skop af met drie wedstryde wat gaan plaasvind. Bloemfontein Celtic kom tuis teen Maritzburg United te staan. Phunya Sele Sele se selfvertroue loop hoog nadat hulle verlede naweek vir SuperSport United die trekpas uit die Telkom Uitkloptoernooi gegee het.