17:30 Sport - 13 Oktober 2017

Loading player...
Dit is ‘n belangrike naweek in die Curriebeker-reeks met die Toyota Vrystaat Cheetahs, Goue Leeus, WP, Blou Bulle en Poemas wat almal gaan uitveg vir die drie oorblywende plek in die uitkloprondtes. Die Cheetahs het ‘n nagenoeg volle sterkte span gekies vir hulle kragmeting teen die Leeus op Ellis-park.

Die Proteas verwag ‘n strawwe stryd wanneer hulle Sondag teen Bangladesh te staan kom in Kimberley tydens die eerste internasionale eendag wedstryd. Die wêreld se voorste eendagbouler, Imran Tahir, het gewaarsku siende die Tiere deur gedring het tot die halfeindtryd van die Kampioentrofee, sal hulle strawwe teenstand bied.

Alles is môreaand op die spel wanneer SuperSport United teen Cape Town City FC te staan kom in die eindtryd van die MTN8-toernooi. Die twee spanne het al die afgelope jaar driekeer teen mekaar te staan gekom met een sege elk, terwyl hulle in die derde kragmeting gelykop gespeel het.
13 Oct 2017 11AM English South Africa Sports · Sports

Other recent episodes

Philip Snyman - Winning the New York 7s

The Springbok Sevens team beat Fiji to secure the gold medal in New York and clinch the overall Sevens World Series title after winning their third tournament in a row. In a pulsating final at Sports Illustrated Stadium in the Big Apple, the Blitzboks edged Fiji 10–7. The Pacific Islanders…
16 Mar 2AM 2 min

David Brits - New York 7's and making it three in a row

The Blitzboks are targeting a third successive title on the Sevens World Series when they take to the field in New York this weekend. South Africa head into the tournament brimming with confidence after back-to-back triumphs at the Perth Sevens in Australia and the Vancouver Sevens in Canada. Former Toyota…
13 Mar 1AM 3 min