VS Kunstefees 2017 - AWO / Hedda / Konsert met 'n Kick

Loading player...
HEDDA
"Meisies speel met poppe, Hedda speel met mense. Die Vukallective het vir julle die bekroonde produksies Let's Eat Hair (2015) en AVU (2016) gebring, Kom kyk nou hoe ons gek skeer met alles wat ons geleer is."

KONSERT MET 'N KICK!
Hoor hier, BAIE GELUK met jou KONSERT! Ons was mal daaroor! Hier sit ek my voet neer. Jy sê nooit ooit vir ’n kunstenaar hy hou konsert nie! Dit is ’n helse klap in die gesig! Jy kan enige iets sê – jy kan sê jou vertolking was swak, jou kostuum laat jou dik lyk, maar NOOIT geluk met jou konsert nie! Maar is dit nie wat ek after all van hou om te doen nie? En dit is wat julle gaan kry! ’n Kielie-mielie-bo-baas-bieliepietersielie- vir-gert-en-gielie-deurmekaar-kunstenaartipsytert- konsert! Dames en here, wat meer kan ek sê as – EEN SKRYWER, EEN SKEPPER, BAIE STORIES!
26 Jun 2017 English South Africa News · Business

Other recent episodes

Yonder Hartsfees: Die fees wat jou hart steel

Dit is amper weer tyd vir die Fees met Hart – Yonder Hartsfees in Kimberley. Dit vind plaas van 4-7 September en Jannie van Zyl, Direkteur van die Noord-Kaapse Geestesgesondheidsvereniging, vertel ons meer oor die fees en waarna luisteraars kan uitsien die jaar. Daar is ook iets nuuts op die…
20 Aug 7 min

Ontdek jou Toekoms by UFS – Graad 10&11 Opedag Saterdag 16 Augustus

Rynhardt Smith, Assistent Direkteur: Studente-werwing by die Universiteit van die Vrystaat, praat met Pulane Nel Sekepe oor die Mini Opendag wat op Saterdag, 16 Augustus plaasvind. Graad 10 en 11 leerders in en rondom Bloemfontein, asook besoekers van Bloemhof en Paarl Boys, en hul ouers, word uitgenooi om meer te…
14 Aug 2 min

Amanzi Wildsfees 2025 – Die fees om te wees!

Pulane Nel Sekepe het met Martin Boshoff, mede-eienaar van Amanzi, gesels oor die Amanzi Wildsfees op 8 en 9 Augustus – die fees om te wees. Met top kunstenaars, heerlike kosstalletjies, wildritte en die adrenalienbelaaide WildRun, bied dit veel meer as net musiek. “Dis ’n volle avontuur in die hart…
6 Aug 3 min

Baby Tjoklits by Tjokkies Kleuter Inter Dag

Tjokkies bied aan ’n Inter-kleuter Sport- en Pretdag op die 9de Augustus by Universitas Primere Skool. Met prettige aktiwiteite wat vir die kleuters wag, bring Tjokkies die verskillende kleuterskole in Bloemfontein bymekaar vir n dag wat jou hart behoorlik tjoklits gaan laat klop. Juffrou Elsabe en Juffrou Blanche kuier by…
5 Aug 4 min