Niemand nog in hegtenis geneem ná Lichtenburg-plaasmoord
Loading player...
Die polisie op Lichtenburg in Noordwes het nog sover bekend niemand in hegtenis geneem in verband met die moord op die 46-jarige Hanno Steyn wat Vrydag voor sy bejaarde ma in 'n plaasaanval doodgeskiet is. Drie mans word gesoek. Johan Terblans, 'n boer en lid van Biesiesvlei Landelike Veiligheid, sê die mans het op die plaas met 'n onbekende voertuig aangekom. Hulle wou skape koop. Hanno het buite die huis met hulle gepraat, waarna hy oorrompel is en in die huis in gedwing is. Sy hande is vasgebind. Die 75-jarige Zachie was in 'n kamer op 'n bed. Sy is ook vasgebind. Dit was Vrydag haar verjaardag. Die rowers het geld geëis. Hanno is sonder dat hy weerstand gebied het in die kop geskiet. Terblans beskryf hom as 'n stil teruggetrokke mens, maar hy het tog gemeenskapsaksies in die gebied ondersteun.
Hanno was nie getroud nie en het saam met sy ma op die plaas gebly nadat sy pa 'n paar jaar gelede oorlede is. Sy begrafnisdiens vind eerskomende Vrydag in die Hervormde Kerk op Lichtenburg om 13:00 plaas.