Warden-gemeenskap staan saam teen die sluiting van ‘n plaaslike bank
Loading player...
Die gemeenskap van Warden in die Vrystaat neem vandag deel aan 'n optog waarin 'n griefskrif aan 'n verteenwoordiger van 'n bank op die dorp oorhandig gaan word nadat die bank aangedui het dat hy sy deure vroeg volgende maand sluit. 'n Organiseerder van die optog en 'n boer, Henri Janse van Rensburg, sê die gemeenskap is ontevrede dat die bank nie genoegsaam met sy kliënte, wat sakelui, boere en bejaardes insluit, gekonsulteer het nie. Volgens hom is daar ook nie dienste beskikbaar gestel om kliënte, veral die ouer garde, touwys te maak met die gebruik van 'n kitsbank nie. Sakelui sal nou na groter dorpe soos Harrismith en Bethlehem moet reis om geld te deponeer en kleingeld te kry omdat dit onveilig is om van 'n kitsbank gebruik te maak.
Hy sê die hele gemeenskap, insluitend inwoners van Izenzeleni, gaan aan die optog deelneem.
Die bank is deur OFM-nuus genader vir kommentaar en die bank se woordvoerder het aangedui dat hulle spoedig daarop sal reageer.