
Vier, insluitend polisiebeampte, ondervra oor rooftog by OR Tambo
Loading player...
Vier mense, onder wie 'n polisiebeampte, is vir ondervraging ingeneem in verband met die onlangse rooftog by die OR Tambo Internasionale Lughawe. Die waarnemende polisiekommissaris, Kgomotso Phahlane, het gister bekendgemaak dat twee van die vier mense in hegtenis geneem is. Maryke Vermaak berig dat miljoene rande, wat vir 'n oorsese land bestem was, is in die rooftog gebuit.

