
Nadoodse ondersoek Hartswater
Loading player...
'n Nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van die dood van 'n bejaarde boer van Hartswater in die Noord-Kaap bepaal. Die 79-jarige Piet Jacobs is Saterdagoggend in sy slaapkamer in 'n huis op 'n kleinhoewe deur sy seun gevind. Polisiewoordvoerder, Hendrik Swart sê Jacobs se hande was vasgebind agter sy rug.

