
Free Education Movement kry vandag terugvoer op griefskrif
Loading player...
Die Free Education Movement (FEM) verwag teen 13:00 vanmiddag terugvoer op ‘n griefskrif wat gister aan die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) oorhandig is. Dit volg nadat ontevrede studente gistermiddag klasse ontwrig het omdat klasse voortgaan sonder dat van die studente geregistreer is. Kwessies rondom die Nasionale Hulpskema Vir Studente (NSFAS) is ook nog nie opgelos nie. ‘n Lid van die FEM, Asive Dlanjwa, sê gister se gebeure was ‘n uitbeelding van die studente se frustrasies, nadat klasse reeds drie weke gelede begin het.
Die UV het in verklaring gesê hulle is besig om die situasie saam met die polisie te assesseer. Die akademiese program gaan voort soos beplan.
Die UV het in verklaring gesê hulle is besig om die situasie saam met die polisie te assesseer. Die akademiese program gaan voort soos beplan.

