Vloede veroorsaak chaos in NW
Loading player...
'n Brug op die N12 by die ingang na Wolmaransstad in Noordwes is gesluit vir verkeer, nadat die Makwassiespruit gister opgestoot het weens swaar reën sedert Sondag in dié gebied. Boontjies Coetzee van JNC-sekuriteit op die dorp het vanoggend aan OFM-nuus gesê lede van sy maatskappy en ander betrokkenes het die situasie deurnag gemonitor.
Hy sê die water het vanoggend gesak, maar groot skade is aan die pad aangerig. Dit is steeds onrybaar. Coetzee sê 'n watermassa het ook skade aan verskeie besighede op die dorp aangerig. Water het ook in huise langs die spruit gevloei. Hy sê egter die gemeenskap het saamgestaan en boere het twee vragmotors beskikbaar gestel om inwoners te help met opruimingswerk. Sover bekend is niemand op die dorp ernstig beseer nie.