'Ontvoerde SA fotojoernalis sal vandeesmaand nog terug in SA wees'

Loading player...
Shiraaz Mohamed, die Suid-Afrikaanse fotojoernalis wat in Sirië ontvoer is, sal teen die einde van die maand terug in die land wees.

Dit, volgens Bakar al-Maharmeh, direkteur van die nie-regeringsorganisasie, Truth Collective South Africa. Hy het onlangs teruggekeer na 'n 12 dae lange besoek aan Sirië om Mohamed se vrylating te bewerkstellig. Mohamed is verlede maand op pad na die Turkse grens ontvoer.

Al-Maharmeh sê hy het foto's en video's tydens sy besoek aan Sirië ontvang wat bewys dat Mohamed nog leef. Hy sê Mohamed se vrylating is as gevolg van binnegevegte tussen die verskillende rebellegroepe vertraag, maar hy is oortuig daarvan dat hy voor die volgende maand nog vrygelaat sal word.
17 Feb 2017 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes