Twee verskyn môre ná hulle met miljoene rande by BFN-lughawe vasgetrek is

Loading player...
Twee Suid-Afrikaanse mans sal na verwagting môre in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn nadat geldnote ter waarde van sowat R7 miljoen vermoedelik in hul bagasie op die Bram Fischer-lughawe gevind is. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê R100- en R200-note is in koeverte in vier groot tasse gevind wat die verdagtes by 'n lugdiens se toonbank ingeboek het voor hul vlug na Kaapstad. Marope sê lughawe-sekuriteit het agterdogtig geraak omdat die mans vreemd opgetree het.

Marope sê sekuriteitsbeamptes het ander betrokkenes ontbied en die mans is ondervra en hul bagasie is deursoek. Die verdagtes kon die bewyse lewer van waar hulle die geld gekry het of waarom hulle met so ‘n groot bedrag reis nie. Die mans word aangekla van geldwassery. Die polisie-ondersoek na die oorsprong van die geld duur voort.
16 Feb 2017 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes