Staatsrede met meer as 'n uur vertraag

Loading player...
President Jacob Zuma se staatsrede was met meer as 'n uur vertraag na talle onderbrekings wat daartoe gely het dat die EFF hardhandig uit die Nasionale Vergadering verwyder is en die DA uitgestap het.Die rand het op R13.42 teenoor die Amerikaanse dollar gestabiliseer terwyl Zuma sy adjunk in sy staatsrede geloof het vir die minimumloon wat vroeër die week vasgestel is. Cyril Ramaphosa het 'n minimuloon van R3 500 per maand beklink wat beteken dat werkers minstens R20 per uur betaal moet word.

Zuma het verder gesê terwyl die ekonomie stadig maar seker besig is om te herstel, is dit steeds traag.

Hy het gepraat oor radikale ekonomiese transformasie en die bespoediging van grondhervorming. Hy sê radikale ekonomiese transformasie behels fundamentele verandering in die struktuur, stelsels, instellings en patrone van eienaarskap, bestuur en beheer van die ekonomie ten gunste van veral swart Suid-Afrikaners.

Oor grondhervorming het Zuma grondeisers aangeraai om die grond eerder as die geld te vat. Hy het gepraat oor die swak vordering met die herverdeling van grond met slegs agt miljoen hektaar van bewerkbare grond wat aan swart mense tot dusver oorgedra is.

Zuma het Suid-Afrika ook tot hernubare energie verbind. Hy het verder veranderings in die strukture en eienaarskap van die ekonomie ten gunste van die armes voorspel. Hy sê die patrone van eienaarskap moet aangepas word.

Zuma het ook onderneem dat die Gesondheidsombudsman se aanbevelings na die dood van 94 psigiatriese pasiente in Gauteng uitgevoer sal word. Die pasiente is van die Life Esedemi-sentrum na verskillende nie-regeringsorganisasies oorgeplaas.

Zuma het Suid-Afrika ook tot hernubare energie verbind. Hy het verder veranderings in die strukture en eienaarskap van die ekonomie ten gunste van die armes voorspel. Hy sê die patrone van eienaarskap moet aangepas word. Zuma het ook onderneem dat die Gesondheidsombudsman se aanbevelings na die dood van 94 psigiatriese pasiente in Gauteng uitgevoer sal word. Die pasiente is van die Life Esedemi-sentrum na verskillende nie-regeringsorganisasies oorgeplaas.
9 Feb 2017 10PM English South Africa News · Business

Other recent episodes