Onderwysunie vergader met ontevrede leerkragte aan Bloemfonteinse skool
Loading player...
Die onderwysunie SAOU sal na verwagting later vandag met ontevrede leerkragte aan die HTS Louis Botha in Bloemfontein vergader nadat spanning by dié skool heers oor vakante poste wat nie gevul word nie.
Die SAOU se Reniel Lodewyk sê dié unie is bewus van die situasie. Dit het ontstaan weens die onderwysdepartement se gesloer om twee adjunkhoofposte by dié skool te vul.
‘n Ingeligte bron het aan OFM-nuus gesê 17 mense het al sedert verlede jaar by dié skool bedank en daar is nog leerkragte wat nou oorplasings na ander skole oorweeg of op vroeë aftrede wil gaan. Daar is wrywing onder leerkragte. Dit beïnvloed die algehele bestuur van die skool, asook onderrig. Sommige departementshoofde het hulle reeds van bykomende take onttrek. Hulle spits hul slegs op onderrig en hul buitemuurse pligte toe. Die vinger word ook gewys na dié skool se beheerliggaam wat glo verskuilde agendas oor aanstellings het.
Lodewyk sê die SAOU gaan die departement nou daag om dié skool se beheerliggaam te ontbind. Hy sê die departement versuim steeds om amptelike terugvoer te gee oor hoe die aanstellingsproses veral in bestuursposte by ander skole in die provinsie gaan plaasvind.